Laos (bevolkingsgroep)
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep in Suidoos-Asië. Vir die taal, sien Lao (taal).
Laos | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 3,8 miljoen[1] |
Belangrike bevolkings in: | Laos 3,6 miljoen[2] Verenigde State 232 130[3] |
Taal: | Lao |
Geloofsoortuiging: | Theravada-Boeddhisme |
Verwante etniese groepe: | Ander Tai-volke soos Thai, Sjan, Dai, Zhuang, Ahom |
Die Laos (Lao: ລາວ, Thai of Isan: ลาว, [láːw]) is 'n nasie en etniese groep inheems aan die land Laos en die aangrensende lande van Suidoos-Asië, veral Thailand. Hulle vorm die titulêre nasie van Laos en maak omtrent 68% van Laos se bevolking uit. Die enkelvoud is Lao.
Die Laos behoort tot die Tai-volke wat naas Thailand ook in die Volksrepubliek China se suidooste asook in Indië se noordooste leef en nog die Thai en Zhuang insluit. Hulle praat Lao as moedertaal wat saam met Thai tot die Tai-Kadai-tale behoort.
Die Laos is hoofsaaklik aanhangers van die Theravada-Boeddhisme, byna 95% volgens die laaste skatting in 2010, gevolg deur klein minderhede soos Satsana Phi en Christene.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 (en) Hattaway, Paul (ed.) (2004), "Lao", Peoples of the Buddhist World (William Carey Library): p. 149
- ↑ "CIA World Factbook: Laos" (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op 6 Maart 2016.
- ↑ (en) Elizabeth M. Hoeffel, Sonya Rastogi, Myoung Ouk Kim, and Hasan Shahid, "The Asian Population: 2010", 2010 Census Briefs, United States Census Bureau, March 2012, bl. 14.
- ↑ (fr) Présentation du Laos, Frankryk: Ministry of Foreign Affairs, 2013, http://www.diplomatie.gouv.fr/fr/pays-zones-geo/laos/presentation-du-laos/, besoek op 22 Junie 2013
- ↑ [1] Canada Census, 2011
- ↑ "The 2009 Vietnam Population and Housing Census: Completed Results" (in Engels). General Statistics Office of Vietnam: Central Population and Housing Census Steering Committee. Junie 2010. p. 135. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 26 November 2013.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Laos (bevolkingsgroep).