Kirgisiërs
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Kirgisies.
Kirgisiërs | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 4,5 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Kirgisië ~3,8 miljoen[1] Oesbekistan 250 000[2][3] |
Taal: | Kirgisies |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Soennitiese Islam Tengriisme • Christendom • Sjamanisme • Tibettaanse Boeddhisme |
Verwante etniese groepe: | Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Basjkiriërs, Gagaoesiërs, Karakalpakke, Kasakke, Oeigoere, Oesbeke, Tartare, Tsjoewasjiërs, Turke en Turkmene |
Die Kirgisiërs (Kirgisiese enkelvoud: кыргыз/kyrgyz, meervoud: кыргыздар/kyrgyzdar) vorm naas die Oesbeke, Kasakke en Turkmene die vierde grootste Turkse etniese groep in Sentraal-Asië. Hulle vorm die titulêre nasie van Kirgisië, waar hulle sowat 72,6% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Kirgisies, 'n Turkse taal, as moedertaal.
Naas Kirgisiërs woon nog klein minderhede soos Oesbeke (14,4%) en Russe (6,4%) in Kirgisië. Kirgisiese minderhede woon ook in lande soos Oesbekistan (250 000), die Volksrepubliek China (143 500) en Rusland (103 422).
Wêreldwyd is daar omtrent 4,5 miljoen Kirgisiërs, waarvan sowat 3,8 miljoen in Kirgisië woon. In die Volksrepubliek China behoort die Kirgisiërs tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite"). Hulle woon veral in die Wes-Chinese outonome gewes Xinjiang saam met ander verwante etniese groepe soos Oeigoere, Oesbeke en Kasakke.
Die naam van die Kirgisiërs is moontlik van 40 (Turks: kyrk met die meervoud-agtervoegsel -yz) stamme afgelei wat onder die epiese held Manas verenig is en teen die Mongole geveg het. Die 40 strale van die son op die vlag van Kirgisië vertoon hierdie 40 stamme.[9][10] Volgens 'n ander teorie is die naam afgelei van 40 meisies wat krygers geword en waaruit die Kirgisiërs ontwikkel het.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (ky) "За последние 10 лет этническая структура Кыргызстана претерпела значительные изменения". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2011. Besoek op 10 Maart 2016.
- ↑ (ru) Ethnic Atlas of Uzbekistan Geargiveer 5 September 2012 op Wayback Machine
- ↑ (ru) Demographics of Uzbekistan
- ↑ "Chinese Nationalities and Their Populations (2010)" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 10 Maart 2016.
- ↑ "Nationalities and ethnic groups" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2018. Besoek op 10 Maart 2016.
- ↑ http://92.46.60.130/open.php?exten=pdf&nn=760179[dooie skakel]
- ↑ "Wak.p65" (PDF) (in Engels). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2019. Besoek op 28 Februarie 2013.
- ↑ (ru) Ukrainian population census 2001: Distribution of population by nationality. Besoek op 23 April 2009 Geargiveer 17 Januarie 2012 op Wayback Machine
- ↑ "Forty tribes and the 40-ray sun on the flag of Kyrgyzstan" (in Engels). School of Russian and Asian Studies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2010. Besoek op 10 Maart 2016.
- ↑ (en) "Kyrgyzstan Flag – colors meaning history of Kyrgyzstan Flag". kyrgyzstanflag.facts.co. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 November 2015. Besoek op 10 Maart 2016.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kirgisiërs.
- (en) "Kyrgyz". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 Januarie 2019.