Georgi Lwof
Georgi Lwof Георгий Львов | |
1ste Voorsitter van die Russiese Voorlopige Regering
| |
Ampstermyn 15 Maart 1917 – 21 Julie 1917 | |
Voorafgegaan deur | Amp geskep de facto: Nikolaas II (tsaar van Rusland) |
---|---|
Opgevolg deur | Aleksander Kerenski |
Minister van Binnelandse Sake
| |
Ampstermyn 15 Maart 1917 – 21 Julie 1917 | |
Eerste minister | Homself |
Voorafgegaan deur | Alexander Protopopof |
Opgevolg deur | Nikolai Awksentief |
Eerste minister van Rusland
| |
Ampstermyn 15 Maart 1917 – 21 Julie 1917 | |
Voorafgegaan deur | Nikolai Golitsyn |
Opgevolg deur | Aleksander Kerenski |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Georgi Jewgenjewitsj Lwof (Георгий Евгеньевич Львов) 2 November 1861 Dresden, Koninkryk Sakse, Duitse Bond |
Sterf | 7 Maart 1925 Parys, Frankryk |
Politieke party | Grondwetlike Demokratiese Party |
Prins Georgi Lwof (Russies: князь Георгий Львов) (2 November 1861 – 7 Maart 1925) was ’n Russiese staatsman en ná die era van die tsaars die land se eerste eerste minister, van 23 Maart tot 7 Julie 1917.
Voor die rewolusie
[wysig | wysig bron]Prins Lwof is in Dresden, Duitsland, gebore as afstammeling van die grootprinse van Jaroslawl. Sy gesin het kort ná sy geboorte van Duitsland na Popofka in the Aleksin-streek getrek. Hy het sy regsgraad aan die Moskouse Staatsuniversiteit behaal en tot in 1893 in die staatsdiens gewerk. Tydens die Russiese-Japannese Oorlog het hy by die liberale Konstitusionale Demokratiese Party aangesluit en is kort daarna tot die Doema verkies. In 1915 het hy voorsitter van die Al-Russiese Unie van Zemstwo's geword.
Ná die rewolusie
[wysig | wysig bron]Ná die Februarie-rewolusie en die abdikasie van tsaar Nikolaas II het hy voorsitter van die Russiese Voorlopige Regering geword. Weens onvoldoende steun het hy in Julie 1917 bedank ten gunste van sy minister van justisie, Aleksander Kerenski. Lwof is gearresteer toe die Bolsjewiste later dié jaar die mag oorgeneem het. Hy het ontsnap en na Parys, Frankryk, gevlug waar hy tot met sy dood gewoon het.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Georgy Lvov