Albatros D.V
Voorkoms
Albatros D.V | |
---|---|
Tipe | Dubbeldekker vegvliegtuig |
Vervaardiger | Albatros-Flugzeugwerke |
Ontwerp deur | Robert Thelen |
Nooiensvlug | April 1917 |
Hoofgebruiker | Luftwaffe |
Aantal gebou | ongeveer 2 500 |
Die Albatros D.V was 'n Duitse dubbeldekker vegvliegtuig wat in die tweede helfte van die Eerste Wêreldoorlog in diens gestel was. Die D.V was die einde van 'n reeks vliegtuie wat begin het met die Albatros D.I. Die D.V se romp was uiters vaartbelyn en het bestaan uit laaghout. Dit was in groot getalle gebou en meer as 1 500 het aan die wesfront diens gedoen. Die swakheid van die vliegtuig was strukturele swakhede in die onderste vlerk; dit het soms opgebreek gedurende die vlug.
Tegniese besonderhede
[wysig | wysig bron]Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Mercedes DIIa ses-silinder inlyn enjin |
Kraglewering per motor | 180 perdekrag |
Vlerkspan | 9,05 m |
Lengte | 7.33 m |
Hoogte | 2,7 m |
Vlerkoppervlakte | 21,28 m2 |
Maks. opstygmassa | 937 kg |
Maksimum snelheid | 187 km/h |
Operasionele hoogte | 5 700 m |
Togafstand | 2.0 ure |
Klimvermoë | 1 000 m in 4 minute |
Bewapening | Twee 7,92 mm Spandau masjiengewere |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bron
[wysig | wysig bron]- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9