31 Januarie
Voorkoms
<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
31 Januarie is die 31ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 334 dae in die res van die jaar (335 in skrikkeljare).
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 314 – Pous Silvester I volg Pous Miltiades op.
- 993 – Pous Johannes XV verklaar Ulrich van Ausburg heilig. Eerste heiligverklaring ooit.
- 1472 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word biskop van Lausanne.
- 1483 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word kardinaal-biskop van Ostia.
- 1560 – Pous Pius IV stel drie nuwe kardinale aan, waaronder sy neef Carlo Borromeo.
- 1606 – Guy Fawkes word tereggestel vir sy aandeel in die Buskruitverraad teen die Engelse parlement en koning Jakobus I.
- 1876 – Die Verenigde State beveel alle inheemse Amerikaners om na reservate te trek.
- 1905 – Die NG gemeente Leipoldtville stig van die NG gemeente Clanwilliam af.
- 1927 – Die Nasionale Party en Suidwes-party (bondgenoot van die Suid-Afrikaanse Party in Suidwes-Afrika) smelt in Windhoek saam as die Verenigde Nasionale Suidwes-party.
- 1938 – Die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad (Suid-Afrika) word geopen.
- 1946 – In Joego-Slawië, stel ’n nuwe grondwet die ses republieke waaruit dit bestaan daar: Bosnië en Herzegowina, Kroasië, Masedonië, Montenegro, Serwië en Slowenië.
- 1961 – Ham, 'n sjimpanseemannetjie wat 17 kilogram weeg, word die ruimte ingestuur in Mercury-Redstone 2, as deel van 'n toets in die Mercury-program met die uiteindelike idee om Amerikaanse ruimtevaarders ook daar te kry.
- 1968 – Nauru verkry onafhanklikheid van Australië, Nieu-Seeland en die Verenigde Koninkryk.
- 1970 – Die 1969-70 Springbok-rugbytoer na Ierland en Brittanje eindig in Cardiff, Wallis.
- 2010 – Die Afrika-unie verander hul vlag.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1797 – Franz Schubert, Oostenrykse komponis († 1828).
- 1808 – Jacobus Nicolaas Boshoff, Vrystaatse politikus en staatsman, President van die Oranje-Vrystaat († 1881).
- 1885 – Tinus de Jongh, Suid-Afrikaanse skilder († 1942).
- 1930 – Renata Coetzee, ’n kenner van die tradisionele voedselkulture van Suid-Afrikaners († 2018).
- 1933 – Bernardo Provenzano, Italiaanse mafioso († 2016).
- 1938 – Beatrix, koningin van Nederland.
- 1940 – Albie Venter, Suid-Afrikaanse rolprentregisseur en -vervaardiger († 1990).
- 1940 – Kitch Christie, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en afrigter († 1998).
- 1941 – Eugène Terre’Blanche, Suid-Afrikaanse regse politieke aktivis († 2010).
- 1941 – Ina Bauer, Duitse aktrise. († 2014).
- 1941 – Jessica Walter, Amerikaanse aktrise († 2021).
- 1946 – Stan Christodoulou, Suid-Afrikaanse boksskeidsregter en -beoordelaar.
- 1946 – Jan Groenewald, Suid-Afrikaans akteur, televisieredakteur en dramaturg († 2024).
- 1956 – John Lydon, Engelse sanger.
- 1956 – Trevor Manuel, Suid-Afrikaanse politikus.
- 1965 – Carl Walter Meyer, Suid-Afrikaanse skilder († 2017).
- 1966 – Jyrki Järvilehto (kortweg JJ Lehto), Finse Formule Eenrenjaer.
- 1971 – Gábor Kósa, Hongaarse historikus van godsdienste.
- 1973 – Portia de Rossi, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1606 – Guy Fawkes, samesweerder teen die Protestantse regering van Jakobus I van Engeland (* 1570).
- 1666 – Shah Jahan, die vyfde Mogol-Keiser van Indië (* 1592).
- 1729 – Jacob Roggeveen, Nederlandse ontdekkingsreisiger wat gestuur is om Terra Australis te vind (* 1659).
- 1933 – John Galsworthy, Engelse romanskrywer en dramaturg, Nobelprys-wenner (* 1867).
- 2009 – Trudie Taljaard, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1948).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 31 Januarie. |